Departement van landbou waarsku vakansiegangers teen hondsdolheid

Lees ook :

'n Uitbraak van hondsdolheid kom in KZN en die Oos-Kaap voor. Foto ter illustrasie: Canva

KWAZULU-NATAL. – Die departement van landbou het ’n waarskuwing aan vakansiegangers oor ’n uitbraak van hondsdolheid in die kusgebied van KZN en die Oos-Kaap uitgereik.

Hondsdolheid is ’n virale infeksie wat deur middel van speeksel van geïnfekteerde diere oorgedra word. Die siekte kan dodelik wees. Dit kan ook oorgedra word wanneer ’n geïnfekteerde dier ’n mens byt, krap of lek.

Aanvanklike simptome is soortgelyk aan griepsimptome. Dit sluit swakheid, moegheid, hoofpyn en koors in.

Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van landbou, het klem op die belangrikheid van waaksaamheid gelê. Hy het die publiek gewaarsku om nie rondeloperkatte of -honde in hierdie areas op te tel nie, maar eerder hulle plaaslike dierebeskermingsowerheid te kontak. Verder waarsku hy dat voorvalle van hondsdolheid op enige plek in Suid-Afrika kan voorkom.

Bronne: SABC, Times Live, DOA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief