Hooggeregshof beslis geen BTW-verhoging

Lees ook :

Hooggeregshof beslis geen BTW-verhoging fotokrediet: Canva

WES-KAAP. – Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het ten gunste van die EFF en DA bevind en het die minister van finansies, Enoch Godognwana, se voorstel vir ‘n BTW-verhoging gestop.

Lees ook: Enoch Godongwana plaas wetsontwerp in staatskoerant om BTW-verhoging om te keer

Die hof het beslis Godongwana, die speaker van die nasionale vergadering en dié van die nasionale raad van provinsies moet die regskostes van die DA en EFF dra.

Dit volg na die DA en EFF oor die naweek nog beëdigde verklarings ingedien het om die BTW-verhoging te keer om op 1 Mei ingestel te word. Godongwana het verlede week die Wetsontwerp op Belastingkoerse, Bedrae en die Wysiging van Inkomstewette van 2025 in die Staatskoerant na die BTW-verhoging geskrap is. Daar was kommer dat die BTW-verhoging steeds ingestel sal word omdat dit sewe parlementêre werksdae neem om die wet te aanvaar.

Die minister moet ’n nuwe datum gee om ’n nuwe begroting aan die parlement voor te lê.

Bronne: eNCA, My Broadband, ECR

Lees ook: Enoch Godongwana plaas wetsontwerp in staatskoerant om BTW-verhoging om te keer

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief