Brekende Nuus
Afrikaans

Derde begrotingstoespraak vind Woensdag plaas

Derde begrotingstoespraak vind Woensdag plaas

fotokrediet: Canva
Derde begrotingstoespraak vind Woensdag plaas fotokrediet: Canva

Die derde begrotingstoespraak vind Woensdag in Kaapstad plaas. Enoch Godongwana, die Minister van Finansies, sal dan die fiskale raamwerk en voorstelle vir verdere inkomste bespreek. Hy sal ook die Verdeling van Inkomste en die Wetsontwerp op Toedeling bekendstel.

Lees ook: Derde begroting op 21 Mei voorgelê

Dit volg ná Godongwana se vorige begrotings oor ’n BTW-verhoging verhoog is en interdikte om die instel van die verhoging te keer daarop gevolg het.

Die Minister het gesê Woensdag se begroting voldoen aan alle “tegniese prosesse en konsultasies soos uiteengesit in die Wet op Geldbillette en Verwante Sake”. Hy het bevestig dat die begroting ná konsultasie met al die politieke partye wat deel vorm van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) deur die Kabinet goedgekeur is .

Bronne: EWN, SABC, IOL

Lees ook: Derde begroting op 21 Mei voorgelê