Lees ook: Steinhoff word gelikwideer
OLDENBERG, DUITSLAND. – Die derde Steinhoff-verhoor begin vandag in die Oldenberg-hof. ’n Onbekende Duitse uitvoerende hoof (64) word vandag vir belastingontwyking verhoor.
Hy het glo tussen 2008 en 2012 Steinhoff se Europese besighede gehelp om €26 m belasting te vermy . Dit is onbekend op hoeveel aanklagtes hy voor verhoor word.
Twee ander Steinhoff- uitvoerende hoofde is verlede jaar aan bedrog skuldig bevind. Dirk Schreiber het getuig Markus Jooste, die voormalige hoof van Steinhoff, het hom beveel om rekeninge te vervals. Hy is tot drie en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis met een jaar opgeskort. Siegmar Schmidt het ‘n opgeskorte twee jaar vonnis gekry.
Markus Jooste was veronderstel om verhoor te word, maar het nooit vir sy hofverskyning opgedaag nie. Daar is ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik en Duitsland werk daaraan om hom te laat uitlewer.
Geen uitleweringsversoek is al ontvang nie.
Bronne: IOL, The Africa, South African Lawyer
Lees ook: Steinhoff word gelikwideer





