Lees ook: Dagga-muffins laat beland glo 90 leerlinge in hospitaal
SOSHANGUVE. – ’n Derde verdagte is in hegtenis geneem in die Soshanguve “daggamuffin”-saak. Altesaam 90 laerskoolleerlinge is in September in die hospitaal opgeneem na hulle glo “daggamuffins” gekoop het op pad skool toe.
Die eerste twee verdagtes, Amukelani Nyalunga (19) en Ofentse Maluleka (21), saam met die derde verdagte, Katlego Matlala (29), het Vrydag in die hof verskyn. Die saak is tot Woensdag uitgestel.
Al drie verdagtes word aangekla op 28 aanklagtes van poging tot moord.
Die LUR vir onderwys het gesê hy hoop die leerlinge gebruik die vakansie om te herstel vir die volgende kwartaal.
Bronne: IOL, The Citizen, TimesLIVE
Lees ook: Dagga-muffins laat beland glo 90 leerlinge in hospitaal





