Brekende Nuus
Afrikaans

Derek Watts van Carte Blanche moet weer leer loop – sepsis

Hy het volgens sy plasing twee weke gelede in Hoedspruit inmekaargesak.

Derek Watts
Foto: Derek Watts Twitter

Derek Watts, van Carte Blanche, wat geen bekendstelling nodig het nie, het op Twitter gedeel dat hy in Mill Park-hospitaal se intensiewesorgeenheid is.

Hy het volgens sy plasing twee weke gelede in Hoedspruit inmekaargesak met vermoedelik ‘n beroerte.

Die diagnose was sepsis. Hy sê verder dat dit sy liggaam binne ‘n uur so afgetakel het dat hy weer moet leer om te loop.

Maar hy belowe om een van die dae in die Carte Blanche-atlejee terug te wees.