Deurbraak in beweerde misdade by vragmotorstilhouplek

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Tydens ‘n polisie-operasie naby die N1 op Ventersburg is vyf verdagtes vir verskeie vermeende misdade wat by die vragmotorstilhouplek plaasgevind het, vasgetrek.

Sers. Mahlomola Kareli sê Saterdag se operasie is vir misdaadaanmeldings soos aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal vanuit ‘n motorvoertuig en die besit van gevaarlike wapens gehou. Die verdagtes tussen die ouderdom van 26 en 31 jaar is in hegtenis geneem.

Die operasionele optredes sal voortduur.

Die vyf verdagtes sal in die Ventersburg-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief