Deurbraak in Bloemspruit-plaasaanval – verdagte met ‘geroofde items’ vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n Plaaseienaar (62), sy vrou (60) en dogter is op 19 Augustus op ‘n plaas in Bloemspruit aangeval. Die egpaar is beseer en na ‘n hospitaal geneem.

Kapt. Loraine Earle het bevestig dat die polisie ’n deurbraak in die huisroofondersoek gemaak het met die inhegtenisneming van ’n 37-jarige buitelander in Qwaqwa se Makwane-woonbuurt. Die man is gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het oor ’n ongelisensieerde vuurwapen.

“Die polisie het vanoggend ‘n man met ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gevind. Met verdere ondersoek het hulle ook huishoudelike en persoonlike items gevind, wat aan die slagoffers van ‘n huisroof op die plaas Eensgevonding in Meadows, Bloemspruit, behoort”

Die voorval het omstreeks middernag plaasgevind toe die plaaseienaar se alarm beweging opgetel het. Hy het ‘n waarskuwingskoot geskiet en was op pad na sy werknemers toe hy gewapende mans teëgekom het wat hom ontwapen en geskiet het. Hulle het hom na die huis geneem, waar sy vrou en dogter vasgebind was, en die huis geplunder. Die verdagtes het met geld, vuurwapens, huishoudelike items en persoonlike besittings gevlug.

“Beslag is gelê op ‘n 7,65 mm-pistool en ammunisie, asook op van die gesteelde items, wat deur die slagoffers as hulle s’n geïdentifiseer is.”

Die verdagte sal binnekort op aanklag van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief