Deurbraak in kapingsaak waartydens 5-jarige doodgeskiet is

Lees ook :

Vyfjarige tydens beweerde kaping doodgeskiet. Foto's: X

GAUTENG. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat Ditebogo Phalane (5) Vrydagaand in Soshanguve doodgeskiet is.

Die polisie sê die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is, is gekonfiskeer.

‘n Voertuigopsporingstoestel, ‘n vuurwapen en ‘n gesteelde voertuig is glo in die verdagtes se besit gevind.

Nuusflits se Zelda Mans het voorheen soos volg berig:

PRETORIA, SUID-AFRIKA. – Ditebogo Phalane (5) is Vrydagaand doodgeskiet in ’n beweerde kaping in die Sosanguve-woonbuurt in Pretoria.

Volgens lt. kol. Mavela Masondo het die voorval omstreeks 22:00 Vrydagaand plaasgevind toe ’n pa by sy huis met ’n wit Toyota-bakkie aangekom het. Sy seuntjie het uit die huis gehardloop om hom te verwelkom.

’n Onbekende aantal gewapende verdagtes het na bewering die bakkie gekaap en die seun geskiet.

Volgens Masondo is die seun na ’n hospitaal gehaas. Met sy aankoms by die hospitaal is hy dood verklaar.

Gayton McKenzie van die Patriotic Alliance het R250 000 as beloning aangekondig vir enigiemand wat kan help met inligting wat tot die inhegtenisname van die verdagtes kan lei.

’n Saak van moord en kaping is geopen. Die SAPD doen ’n beroep op enigeen wat inligting rakende die voorval het om hulle naaste polisiestasie of 08600 10111 te kontak.

Bron: SAPD, X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief