Deurbraak na ses volwassenes en ‘n kind geskiet is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Deurbraak is gemaak nadat ses volwassenes en ‘n kind Sondagoggend 19 Mei in Willowvale geskiet is. Drie verdagtes is Donderdagaand in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu sê daar is onverpoos gewerk om die skuldiges aan te keer. Die oorledenes is as Nkqubela September (43), sy twee seuns Luyolo September (ongeveer 25) en Iviwe September (ongeveer 12), asook Busisiwe September (ongeveer 35) en die vrou van Nkqubela September, Xolani Klawushe (23), Lubabalo Khumalo Mazwana en Bongani Maleki geïdentifiseer.

Naidu sê ‘n wenk is opgevolg waarna die verdagtes in hegtenis geneem is. Die verdagtes, tussen 33 en 34 jaar, het vandag op aanklag van moord in die Willowvale-landdroshof verskyn.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

ZWELITSHA, OOS-KAAP. – Vyf mans, ‘n vrou en ‘n kind (8), is gisteroggend vroeg in voertuie in die Nxanxashe-woonbuurt in Willowvale doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu sê die polisie het inligting van die skietvoorvalle ontvang. Vier mans, ‘n vrou en ‘n kind is doodgeskiet in ‘n Mazda3 gevind. Ongeveer 1 km verder is ‘n persoon in ‘n Toyota Fortuner doodgeskiet. Nie ver van daar nie is ‘n VW Polo verlate met bloedvlekke binne aangetref. Die oorledenes is tussen 8 en 45 jaar oud.

Die motief vir die moorde is onbekend en daar is tot dusver geen inhegtenisnemings gemaak nie.

Lt.genl. Nomthetheleli Mene het die moorde ten sterkste veroordeel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief