Deurbraak nadat 2-jarige tot die dood ‘aangerand’ is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die polisie het ‘n vrou (21) gearresteer, nadat haar suster se 2-jarige gesterf het na hy glo Vrydag en Saterdag herhaaldelik aangerand is.

Kapt. Loraine Earle sê die deurbraak in die kleuter se dood is gemaak nadat inligting ontvang is van die vroulike verdagte wat vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom wat aan ‘n plaasmoord verbind is, gearresteer is. Die vrou het tydens aanhouding onthul sy het glo ‘n aandeel aan haar susterskind se dood gehad.

Na bewering het die verdagte en haar kêrel haar susterskind op Vrydag 6 Desember van Reddersburg na Goedemoed geneem. Die kêrel het die kleuter glo verskeie kere fisies brutaal aangerand deur hom te slaan en te skop. Hulle het die nag op ‘n plaas deurgebring, waarna die kleuter glo die volgende dag verder aangerand is en hy bewusteloos geraak het. Die kind is daarna in ‘n blou gordyn toegedraai en op die plaas gelos.

Earle sê die teen-bende-eenheid het hulle na die toneel gehaas waar hulle die kleuter se liggaam in die gordyn toegedraai, ontdek het. Nooddienste het die kleuter, wat kneusplekke oor sy bo- en onderlyf gehad het, op die toneel dood verlaar. Die ma van die kleuter is op Reddersburg opgespoor.

Die verdagte is op aanklagte van die besit van gesteelde eiendom en moord in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief