Diamantveld-atlete presteer op Tuks Top10

Lees ook :

Atlete van Hoërskool Diamantveld het Woensdag 13 Februarie aan die Tuks Top 10-byeenkoms in Pretoria deelgeneem.

Die atlete het die volgende prestasies behaal:

Maricelle Krüger breek rekord

Maricelle het tydens die byeenkoms ‘n persoonlike beste en nuwe rekord vir D 0/15 Griekwaland-Wes-atletiek gehardloop. Sy het ‘n tyd van 4:57.02 los gehardloop in die 1500m en ‘n algehele 4de plek behaal.  Sy het ook ‘n algehele 10de plek in die 800m vir D 0/15 behaal.

Marizaan Ferreira

Marizaan het met ‘n tyd van 1:01.16 ‘n algehele 3de plek in die 400m behaal vir D 0/17.

Henrico Badenhorst

Henrico het in die 800m vir S 0/17 ‘n persoonlike beste tyd van 1:59.28 aangeteken en ‘n algehele 10de plek behaal.

Zineldi van Heerden

Zineldi het ‘n algehele 6de plek behaal vir D 0/19 in die 800m. Sy het ook ‘n persoonlike beste tyd van 2:17.86 gehardloop.

Die atlete neem eerskomende naweek deel aan die Frances Baard-byeenkoms.

Baie sterkte! ihidden0 lsdu

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief