Thys Streicher (49), oftewel Die Bosveldklong, is Saterdag oorlede.
Medelye vir sy afsterwe stroom in, terwyl die nuus wyd op sosiale media gedeel word. Veral sangers deel foto’s saam met die geliefde sanger en oomblikke wat hulle saam beleef het.
Streicher is in 2020 met meervuldige sklerose gediagnoseer. Die siekte tas spiere, spraak en beweeglikheid aan.
Hy is vroeg in Mei in die hospitaal opgeneem waar hy in die hoësorgeenheid versorg was.
Die Bosveldklong is bekend vir treffers soos Jaloers-Bokkie, Ek Hou Nie Van Werk Nie en In die Middel. Hy was ook mede-aanbieder van kykNET se program Net vir die Grap.
Hy sou Maandag 17 Junie 50 jaar oud word.
Bronne: Sanger Gerrie Pretorius, Netradio en SA Vermaak en Geskiedenis





