‘Die Swart Kat’ sterf op 52

Lees ook :

Foto's: WOM en IMBd

Christo Niehaus, oftewel Borrie Veldt, die akteur van die gewilde TV-program van 1986, Die Swart Kat, is in die ouderdom van 52 oorlede.

Volgens Pretoria FM het Niehaus in Dullstroom, Mpumalanga, in sy slaap gesterf. Niehaus was volgens sy LinkedIn-profiel ‘n hommeltuigvlieënier en -kamera-operateur. As ‘n jong akteur het Niehaus nie net in die Die Swart Kat nie, maar ook onder meer in Dada en die Flower en ander produksies verskyn.

Niehaus word deur sy pa, suster en dogter oorleef. ‘n Gedenkdiens sal op 12 Julie in Dullstroom vir hom gehou word.

Oor die bekendste rol wat hy vertolk het, sê IMDb: “A 10 year old boy’s father is a police detective and he dresses up like a cat and takes his slingshot and knife and solves cases at night. He is much smarter than most kids.”

Bronne: LinkedInn, IMDb, Wêreld Onbeperkte Musiek, Pretoria FM

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief