Die verkeersdepartement se toetsstasie is môre en Vrydag toe.
‘n FiND iT-verslaggewer wou ‘n afspraak maak en is gesê dié departement is toe, want die werknemers gaan Mauritius toe vir ‘n spanbou-sessie.
FiND iT het navraag gedoen by die Sol Plaatje-munisipaliteit.
Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê hy weet die afdeling maak toe vir ‘n spanbousessie, maar hy is nie bewus daarvan dat hulle Mauritius toe gaan nie. Hy sal uitvind en terugkom na FiND iT.