Die vyf liefdestale – wat is joune?

Lees ook :

Liefde is ‘n universele taal, maar dit manifesteer op verskillende maniere vir individue. Dr. Gary Chapman, ‘n bekende huweliksberader, het die konsep van “liefdestale” in sy topverkoperboek, Die 5 Liefdestale, uiteengesit.

As jy jou en jou lewensmaat se liefdestaal verstaan, kan dit jou verhouding verdiep.

Wat is die liefdestale?

  1. Woorde (words of affirmation): As jou liefdestaal woorde is, dan is dit vir jou belangrik om te hoor iemand is lief vir jou en waardeer jou. Dit kan insluit ‘n WhatsApp deur die loop van die dag van “ek dink aan jou” of ‘n bewys van dankbaarheid dat iemand vir jou sê jy is belangrik en word waardeer. As jou liefdestaal woorde is, dan hou jy van komplimente, aanmoediging, uitdrukkings van dankbaarheid. Dit kan jou gevoel van waarde en sekuriteit in ‘n verhouding versterk.
  2. Dade: Vir sommige mense spreek dade harder as woorde. Jy wil graag hê iemand moet vir jou iets doen. Die gras sny, jou motor volmaak, die lig regmaak. Dit kommunikeer aan jou liefde en bedagsaamheid en wys jou dat die ander persoon vir jou omgee.
  3. Geskenke: Geskenke gee en ontvang is vir sommige mense baie belangrik. Dit simboliseer vir jou tekens van liefde en dat die ander persoon moeite doen met jou. Dit gaan meer oor die idee agter die geskenk as die geskenk self. Dit laat jou waardeer voel en asof jy saakmaak.
  4. Tyd: Wanneer iemand met jou kwaliteit-tyd spandeer, voel jy waardevol. Dit kan beteken dat jou lewensmaat tyd moet afstaan in sy/haar dag om aan jou aandag te gee. Al is dit oor ‘n koppie koffie of ‘n ete. Of net tyd maak waar julle alleen kan sit en praat of iets saam doen, soos gaan stap of weggaan vir ‘n naweek. Dit gaan oor toewyding en tyd waar jy jou selfoon neersit en net aan mekaar aandag gee.
  5. Aanraking: As jy hou van fisieke aanraking, dan is drukkies, soene, hande vashou, vir jou belangrik. Jy wil vertroetel voel en as iemand jou hand vashou, vir jou drukkies gee, jou rug vryf of baie aan jou vat, ervaar jy liefde.

Wat is jou liefdestaal? Verstaan jou maat dit? Wanneer julle die liefdestale van mekaar verstaan, kan julle verhouding verdiep en versterk.

Hier is ‘n oulike aanlyn toets wat jy vir interessantheid kan doen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief