Dief sê sy het doodsdreigemente ontvang oor hase wat in park gelaat is

Lees ook :

Dief sê sy het doodsdreigemente ontvang oor hase wat in park agtergelaat is fotokrediet: X

NEW YORK CITY, VSA. – Die dief wat haar as ’n Duitse erfgenaam voorgedoen het, Anna “Delvey” Sorokin, het gesê sy het honderde doodsdreigemente gekry nadat sy beskuldig is daarvan dat sy hase in ’n park agtergelaat het.

Lees ook: Trump ontplooi nasionale wag na Washington, haweloses met tronkstraf gedreig

Sorokin, wat duisende rande van banke gesteel het, het gesê sy het verlede week in Manhattan foto’s van drie hasies geneem. Die hasies is dae later in die Brooklyn Prospect-park gekry, wat tot die doodsdreigemente teen Sorokin gelei het.

Sorokin het gesê sy het nie die hasies daar gelos nie en is geskok deur die hewige reaksie wat die voorval veroorsaak het. Sy het skermgrepe gedeel van die boodskappe wat sy ontvang het. Sommige mense het gesê sy moet vermoor word of selfdood pleeg. Een van die boodskappe het gelui: “Jy moet iemand kry om ’n mat uit jou vel te maak”.

Sorokin het gesê sy het op sosiale media gevra vir ’n hasie wat sy kan leen en Christian Batty (19) het sy vriend se hase aangebied. Sy het gesê sy het hom betaal vir die leen van die hase en vir sy vervoer om die hase na hulle eienaar terug te neem.

Sorokin het gesê sy het ná die boodskappe vir Batty gevra waar die hase is en hy het erken hy het hulle net daar gelos.

Sy het gesê sy is bekommerd oor hoe die voorval haar deportasiesaak gaan beïnvloed. Sorokin veg teen deportasie nadat sy in 2019 skuldig bevind is aan diefstal nadat sy geld by banke, hotelle en haar vriende gesteel het met die leuen dat sy ’n erfgenaam is. Sy is ook aangekla daarvan dat sy langer in die land is as wat haar visum toelaat.

Bronne: NBC News, Instagram, The Independent

Lees ook: Trump ontplooi nasionale wag na Washington, haweloses met tronkstraf gedreig

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief