Digitale sisteme vergemaklik Kaapstad-inwoners se lewens

Inwoners kan aanlyn afsprake maak vir die hernuwing van hulle voertuiglisensieskyfies vir spesifiek die Brackenfell-tak....

Digitale sisteme vergemaklik Kaapstad-inwoners se lewens. Illustrasie: Canva en Stad Kaapstad

KAAPSTAD, WES-KAAP. – Die stad Kaapstad het inwoners in hulle noppies oor die digitalisering van  aanlyn besprekings vir voertuiglisensieskyfies en aanlyn aansoeke vir goedkeuring vir sonkraginstallerings.

Inwoners kan aanlyn afsprake maak vir die hernuwing van hulle voertuiglisensieskyfies vir spesifiek die Brackenfell-tak. Hulle kan dan op die gegewe datum en tyd na die tak gaan en vinniger gehelp word.

Burgemeester Geordin Hill Lewis het ook vandag aangekondig inwoners hoef nie meer te sukkel om hulle aansoeke vir sonkraginstallerings goedgekeur te kry nie. Die nuwe aansoeksisteem is ten volle gedigitaliseer om dit makliker vir aansoekers te maak.

Klik hier om jou afspraak vir ’n nuwe voertuiglisensieskyfie by die Brackenfell-tak te maak.

Klik hier indien jy aanlyn vir jou sonkraginstallasie-goedkeuring aansoek wil doen.

Bronne: City of Cape Town, Instagram

Laura Wolvaardt teken meeste punte sover by ODI aan vir Proteas

Vandag is Wêreldkunsdag

Kan jy die naam van Bernice se volgende enkelsnit raai?

Man van Kroonstad sedert fratsvloede vermis

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld

Man verdrink op Saldanhabaai

Dink mooi voordat jy ’n onderwyser word

Christine van OME! deel verlowingsvideo

Voetgangers sterf toe voertuig in hulle inploeg

KYK: Dirk van der Westhuizen se hartroerende besoek aan kankerpasiënt

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde