Dirco bevestig Suid-Afrikaners in Moskou veilig na terroriste-aanval

Lees ook :

Dirco bevestig Suid-Afrikaners in Moskou veilig na terroristeaanval
Dirco bevestig Suid-Afrikaners in Moskou veilig na terroristeaanval fotokrediet: Canva

Lees ook: Waarskuwings oor beweerde terroristeaanvalle vir Rusland uitgereik

MOSKOU. – Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het bevestig Suid-Afrikaners in Moskou is veilig na ’n terroriste-aanval.

Meer as 130 mense is dood en talle meer beseer na ’n terroriste-aanval Vrydag op die Crocus-konsertgebou. Dirco het gesê die Suid-Afrikaanse ambassadewerkers en studente wat tans in Moskou is, is veilig.

Die Dirco-woordvoerder het die terroriste-aanval veroordeel en Suid-Afrika se sterk standpunt teen terrorisme duidelik gemaak.

President Cyril Ramaphosa het sy medelye teenoor Rusland uitgespreek en beklemtoon hoe belangrik dit is om na president Wladimir Poetin uit te reik.

Die VK en VSA het vroeër die maand waarskuwings uitgereik oor beweerde beplande terroriste-aanvalle in Rusland. Dit is onbekend of Vrydag se aanval daaraan verwant is.

Bronne: SA People, SA News, SABC

Lees ook: Waarskuwings oor beweerde terroristeaanvalle vir Rusland uitgereik

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief