Dirco herroep konsul-generaal na bewerings van wangedrag

Lees ook :

Dirco herroep konsul-generaal na bewerings van wangedrag
Dirco herroep konsul-generaal na bewerings van wangedrag fotokrediet: Canva

Lees ook: Bibberweer oor hele land duur voort

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het die konsul-generaal in die Verenigde Arabiese Emirate na bewerings van wangedrag herroep.

Andrew Tsepo Lebona het glo visums vanuit sy kantoor in Dubai verkoop. Fluitjieblasers het die departement in kennis gestel van die beweerde skema en hy is herroep. Hy sal in Pretoria moet verskyn om te reageer op die bevindings van die voorlopige ondersoek.

Lebona het glo “inbrake” by sy kantore gereël om visums te verkoop en het gereël vir ‘n spesiale status vir sy seun, wat nie gekwalifiseer het nie.

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, het gesê sy departement sal die ondersoek ondersteun deur die visums te kanselleer.

Bronne: IOL, SABC, The Citizen

Lees ook: Bibberweer oor hele land duur voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief