LIMPOPO. – Twee persone, onderskeidelik 39 en 30 jaar oud, is Maandag en Dinsdag vir huisbraak en diefstal op die plaas Phala Phala in hegtenis geneem.
Kol. Katlego Mogale van die Valke sê beide die verdagtes sal vandag vir die eerste keer in die Bela Bela- (Warmbad) landdroshof verskyn.
Die inhegtenisneming volg na die huisbraak en diefstal wat gedurende Februarie 2020 op Phala Phala plaasgevind het.
Kol. Katlego sê die inhegtenisneming van ‘n derde verdagte sal volg.
Bron: SAPD

Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: