Wat was jou gewaarwordinge toe en wat is jou gevoel nou?
Michele Potgieter, van Reni in Oekraïne, voorheen van Pretoria, het gister op haar Facebook-blad herinner dit is al ses maande sedert Rusland Oekraïne binnegeval het.
“En 31 jaar sedert Oekraïne hul onafhanklikheid van Rusland gekry het.”
“Die Here is elke dag so getrou. Hy voorsien en beskerm ons elke dag onder Sy vlerk. Dankie aan almal wat hierdie geveg saam met ons veg. Dankie vir elke gebed, elke donasie en aanmoediging. Dankie aan almal wat hierdie pad saam met ons loop. Dankie dat julle nie vergeet nie.”
Het jy ‘n boodskap vir Michele wat sy aan die mense wat sy nog elke dag bystaan kan oordra?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





