‘Dispuut tussen families’ lei tot vrou se skietdood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Vrou (56) het Saterdagoggend, na ‘n beweerde dispuut tussen twee families, in Minerva Gardens in Kimberley, gesterf. ‘n Man (37) is gewond.

Lt.kol. Sergio Kock sĆŖ aan Nuusflits na bewering het ‘n dispuut tussen twee families omstreeks 05:00 in die erf van ‘n privaat woning uitgebreek. ‘n Vrou en ‘n man is glo deur ‘n ander man (65) geskiet en gewond. Beide die slagoffers is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Die vrou het egter aan haar beserings gesterf.

Die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad in Kimberley ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur. sers. Modise Moshotloa by 082 302 0407 te bel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief