DJ Warras-moord- 2 persone van belang word ondervra

Lees ook :

Foto's: Dr Mgcini Tshwaku City of Joburg LUR

GAUTENG. – Die ondersoekspan wat aan DJ Warras (40) se moordsaak werk, het vanoggend (Maandag) omstreeks 02:00 twee persone van belang vir ondervraging ingeneem. Die twee persone is van ‘n hostel in Soweto gehaal.

Brig. Brenda Muridili sê die ondersoek duur voort en die span volg alle moontlike leidrade op om die saak op te los. Alle inligting wat ontvang word, word ondersoek.

Warras het op 16 Desember sy voertuig in Johannesburg-Sentraal geparkeer. Drie onbekende verdagtes het hom glo genader, geskiet en te voet van die toneel gevlug. Enigiemand met relevante inligting word gevra om die polisie te kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief