Brekende Nuus
Afrikaans

Dodetal in Gasa styg tot meer as 65 000

Dodetal in Gasa styg tot meer as 65 000

fotokrediet: Canva
Dodetal in Gasa styg tot meer as 65 000 fotokrediet: Canva

GASA. – Gesondheidsowerhede in Gasa het gesê die dodetal het 65 000 verbygesteek met die Israeliese weermag wat verskeie aanvalle op Gasastad geloods het. Die dodetal in Gasa staan nou op ongeveer 65 062.

Lees ook: Sowat 350 000 Palestyne uit Gasastad ontruim

Die selfoon- en internetdienste in Gasastad is deur die aanvalle uitgesny, verskeie geboue is vernietig en 450 000 mense moes gister die stad ontruim.

Die Israeliese weermag het gesê dit het vandeesweek Gasastad meer as 150 keer aangeval.

Volgens de Israeliese weermag wil dit “Hamas se militêre infrastruktuur vernietig” terwyl Israeliese owerhede gesê het Gasastad is die “sentrale hub” van Hamas se mag.

Betogers in Israel het Woensdag naby die woning van die eerste minister, Benjamin Netanyahu, betoog om die vrylating van die gyselaars te eis en om te beklemtoon hulle lewens is in gevaar oor Israel se grondoperasie in Gasastad.

Bronne: Euronews, PBS, ABC News

Lees ook: Sowat 350 000 Palestyne uit Gasastad ontruim