Sowat 350 000 Palestyne uit Gasastad ontruim

Lees ook :

350 000 Palestyne ontruim uit Gasastad fotokrediet: X

GASASTAD. – Volgens die Israeliese weermag is sowat 350 000 Palestyne gister uit Gasastad ontruim. Dit was die eerste dag van die nuwe grondaanval om Gasastad oor te neem.

Lees ook: VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg

Palestyne het gesê daar was Dinsdag verskeie aanvalle in Gasastad en hospitale het gesê daar was 69 sterftes.

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê een van die prioriteite vir die Israeliese weermag is om die stad se bevolking te ontruim. Netanyahu het gesê: “Ons is tans besig om addisionele roetes oop te maak om die ontruiming te versnel om die bevolking te skei van die terroriste wat ons wil aanval”.

Israel se besluit om Gasastad oor te neem, is gekritiseer en die Europese Unie het Israel gister weer aangemoedig om die grondaanval te stop. Die woordvoerder vir die Europese Unie, Anouar El Anouni, het gesê: “Militêre ingryping gaan lei tot meer vernietiging, meer dood en meer verplasing. Dit gaan die reeds katastrofiese humanitêre situasie vererger en die gyselaars in gevaar stel”.

Die VN het gister ‘n verslag vrygestel wat bevind het Israel pleeg volksmoord in Gasa.

Bronne: Euronews, BBC, PBS News

Lees ook: VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief