Dodetal in Gaza byna 30 000

Lees ook :

Dodetal in Gaza byna 30 000
Dodetal in Gaza byna 30 000 fotokrediet: Canva

Lees ook: Palestina beskuldig Israel van apartheid in Internasionale Geregshof

GAZA. – Die Palestynse gesondheidsministerie het Maandag gesê die dodetal in Gaza is meer as 29 000 sedert Hamas Israel op 7 Oktober aangeval het.

Sowat 29 092 mense is oorlede, meestal vrouens en kinders en meer as 69 000 mense is beseer.

Aanvanklik het 1 200 persone in Israel omgekom toe Hamas Israel op 7 Oktober aangeval het. Israel het gesê die oorlog sal aanhou tot ’n “totale oorwinning” oor Hamas bereik is. Dit dreig om Rafah in te val as die gyselaars nie teen die begin van Ramadan vrygelaat is nie. Ramadan begin na verwagting op 10 Maart.

Israel het gesê hulle ontwikkel planne om burgers uit Rafah te ontruim, maar dit is onbekend waarheen hulle sal gaan. Egipte het die grens afgesluit en het gewaarsku as die Palestynse burgers probeer inkom, sal dit hulle ooreenkoms met Israel bedreig.

Bronne: Gulf Today, The Times of Israel, AP News

Lees ook: Palestina beskuldig Israel van apartheid in Internasionale Geregshof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief