Dodetal in Gaza steek 10 000 verby

Lees ook :

Gaza: Dodetal styg tot meer as 10 000
Gaza: Dodetal styg tot meer as 10 000 fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Suid-Afrika herroep diplomate in Tel Aviv

GAZA. – Volgens die VN is die dodetal in Gaza nou meer as 10 000. Die sekretaris-generaal van die VN, António Guterres, het gesê Gaza word “’n begraafplaas vir kinders”.

Guterres en verskeie VN-organisies het weer vir ’n skietstilstand in die oorlog tussen Israel en Hamas gevra.

Die oorlog het uitgebreek na Hamas-militante Israel op 7 Oktober binnegedring en aangeval het. Altesaam 1 400 mense is in die aanvalle dood en 240 gyselaar geneem.  Die Israeliese weermag het gister gesê die stad Gaza is heeltemal omsingel na ’n week se gevegte.

Suid-Afrika het hulle diplomate uit Tel Aviv herroep as gevolg van die oorlog.

Bronne: Daily Maverick, The Guardian, The Wall Street Journal

Lees ook: Suid-Afrika herroep diplomate in Tel Aviv

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief