Sri Lanka verklaar noodtoestand ná oorstromings

Lees ook :

Sri Lanka verklaar noodtoestand ná oorstromings fotokrediet: Canva

SRI LANKA. – Sri Lanka het ‘n noodtoestand verklaar nadat meer as 330 mense in oorstromings en modderstortings omgekom het.

Lees ook: Oorstromings in Indonesië eis 442

Meer as 200 mense is vermis en 20 000 huise is vernietig, wat sowat 108 000 mense haweloos gelaat het.

Owerhede het gesê ‘n derde van die land sit sonder elektrisiteit en water ná sikloon Ditwah verwoesting gesaai het.

Reddingswerkers probeer steeds by geïsoleerde gemeenskappe uitkom en die dodetal sal waarskynlik styg.

Sikloon Ditwah sal na verwagting teen Sondag na Indië beweeg en nog reën word voorspel.

Bronne: BBC, DW, Times of India

Lees ook: Oorstromings in Indonesië eis 442

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief