Reeds meer as 2 800 sterftes na Mianmar-aardbewing

Lees ook :

Dodetal na Mianmar aardbewing styg steeds, nou meer as 2800 fotokrediet: X

MIANMAR. – Die dodetal na die Mianmar-aardbewing, die hewigste in meer as honderd jaar in die gebied, het tot 2 886 gestyg met 4 639 mense wat beseer is en 373 wat vermis word.

Lees ook: Meer as 2 000 mense dood na aardbewing in Mianmar

Die dodetal in Bangkok, waar die aardbewing ook getref het, het tot 22gestyg. Die liggame van werkers wat in ’n gebou in Bangkok vasgekeer was toe dit ineengestort het tydens die aardbewing, is deur reddingswerkers gesien. Die kans dat enige oorlewendes gevind sal word, is egter uiters skraal.

Rebellegroepe in Mianmar het gevra vir ’n skietstilstand in die burgeroorlog sodat meer hulp in die vorm van water, kos en sanitasie na noodlydendes gestuur kan word, maar die Mianmar-weermag het geweier en het hulle aangeval.

Bronne: US News, BBC, DW

Lees ook: Meer as 2 000 mense dood na aardbewing in Mianmar

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief