Dodetal staan op 184 na nagklubdak in Dominikaanse Republiek ineenstort

Lees ook :

Dodetal staan op 184 na nagklubdak ineenstort in Dominikaanse Republiek fotokrediet: X

DOMINIKAANSE REPUBLIEK. – Die dodetal het tot 184 gestyg na die dak van ’n nagklub in die Dominikaanse Republiek ineengestort het. 145 mense is gered en 20 is in die hospitaal, met minstens agt in ‘n kritieke toestand.

Lees ook: Dodetal styg na nagklubdak ineenstort

Reddingspogings is opgeskort en nooddienste het die soektog van liggame gestaak. Die liggame van 54 oorledenes is reeds geïdentifiseer en 28 is aan hulle families oorhandig.

Dit is onduidelik hoeveel mense nog vermis is, omdat baie van die liggame nog nie uitgeken is nie.

Die nagklub se dak het Dinsdag ingegee tydens ’n optrede deur die sanger Rubby Pérez, wat ook in die tragedie oorlede is.

Dit is onbekend hoekom die dak ineengestort het.

Bronne: The Independent, DW – South Africa, NBC News

Lees ook: Dodetal styg na nagklubdak ineenstort

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief