DOMINIKAANSE REPUBLIEK. – Die dodetal het gestyg na die dak van ’n nagklub in die Dominikaanse Republiek gisteraand (Dinsdag) ineengestort het. Sowat 113 mense is oorlede en meer as 150 is beseer.
Lees ook: Sowat 98 mense dood na nagklubdak ineenstort
Dit is onbekend hoeveel mense in die nagklub was om die optrede van Rubby Pérez, sanger, wat ook in die ramp omgekom het, by te woon, maar na skatting was dit tussen 500 en 1 000 mense.
Reddingswerkers is steeds besig om na oorlewendes te soek. ’n Goewerneur wat ook in die nagklub was, het die president van die Dominikaanse Republiek gebel om nooddienste te stuur. Goewerneur Nelsy Cruz is later in die hospitaal oorlede aan beserings wat sy in die ramp opgedoen het.
Octavio Dotel, ’n voormalige Major League Baseball-speler, het ook in die ramp omgekom.
Dit is nog onbekend hoekom die dak ineengestort het.
Bronne: BBC, NBC News, New York Times





