Dodetal styg na ontploffing by Iranse hawe

Lees ook :

Dodetal styg na-ontploffing by Iranse hawe fotokrediet: X

IRAN. – Die dodetal na die ontploffing by Iran se grootste hawe in Bandar Abbas het tot 40 gestyg met meer as 1 200 mense beseer.

Lees ook: Sowat 18 mense dood en 800 beseer na ontploffing in Iran

’n Ontploffing het Saterdag by die Shahid Rajaee-hawe plaasgevind na ’n brand ontstaan het en na oop houers met “vlambare materiaal” versprei het. Iran se verdedigingsministerie het ontken dat die ontploffing veroorsaak is deur die verkeerde hantering van brandstof wat vir vuurpyle gebruik word, soos deur verskeie mediamaatskappye berig is.

Daar het gister steeds brande by die hawe uitgebreek, wat deur helikopters met brandbestryders geblus is.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Bronne: Algoa FM, SABC, PBS News

Lees ook: Sowat 18 mense dood en 800 beseer na ontploffing in Iran

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief