Dodetal styg tot meer as 200 na dak van nagklub ineenstort

Lees ook :

Dodetal styg tot meer as 200 na dak van nagklub ineenstort fotokrediet: X

DOMINIKAANSE REPUBLIEK. – Die dodetal na die dak van ’n nagklub in die Dominikaanse Republiek ineengestort het, het tot 221 gestyg. Altesaam 189 mense is lewendig uit die rommel gered.

Lees ook: Dodetal styg na nagklubdak ineenstort

Reddingspogings het geëindig, maar ’n soektog na liggame gaan voort. Dit is steeds onbekend hoeveel mense in die nagklub was tydens die optrede van die sanger, Rubby Pérez, wat ook in die ramp oorlede is. Pérez se begrafnis het gister (Donderdag) plaasgevind.

Die oorsaak van die ramp is nog onbekend, maar die plaaslike media het berig dat die nagklub meer as 50 jaar gelede gebou is.

Volgens die gesondheidsminister is die meeste van die mense onmiddellik oorlede na die dak op hulle ingeval het.

Bronne: CNN, NBC News, Daily Mail

Lees ook: Dodetal styg na nagklubdak ineenstort

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief