NOORD-KAAP. – Daniel Kula, Willem Kula, Roland Booysen, Elton Geduld, Tshepo Ramakatsa, Quinton Ramakatsa en Dogo Papier het Sondag in ‘n ongeluk by die Modderrivier-en-Ritchie-kruising gesterf.
Lt.kol. Sergio Kock sê ‘n Rooi Corsa-bakkie met agt manlike insittendes en ‘n minibus wat aan die SANW behoort, was in die ongeluk betrokke. Die SANW-minibus het 11 vroue en vier manlike insittendes gehad. Al sewe oorledenes, tussen 20 en 50 jaar, was insittendes van die bakkie. Twee van die mans het Maandag in die hospitaal gesterf. Al die oorlewendes is vir mediese aandag na ‘n hospitaal geneem, maar is Maandag uit die hospitaal ontslaan.
Kock sê die N12 was tussen 13:20 en 17:00 vir verkeer gesluit. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Enigiemand met inligting oor die ongeluk kan speur.sers. Brian Moleme by 061 469 9235 bel.
Nuusflits het beeldmateriaal van die ongelukstoneel ontvang wat weens respek vir die oorledenes en hulle families nie gedeel sal word nie.





