Dogter vind ma doodgeskiet, toe sy van skool af kom

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Vrou (46) se liggaam is Vrydagmiddag in ‘n plas bloed in ‘n woonstel op Komatipoort deur haar dogter aangetref toe sy van die skool af by die huis gekom het. Sy was doodgeskiet. Haar vriend is in aanhouding.

Volgens kol. Donald Mdhluli het die oorledene, wat by SARS gewerk het, glo Vrydagoggend reggemaak om te gaan werk toe haar vriend skielik opdaag. Hulle was glo in ‘n argument betrokke. Die dogter het hulle omstreeks 06:00 by die woonstel gelos en skool toe gegaan.

Die dogter het glo die middag na skool by die woonstel gekom en die deur gesluit gevind. Bure wat glo agterdogtig was, het gehelp om toegang tot die woonplek te kry. Die oorledene is met skietwonde in ‘n plas bloed aangetref. Die polisie is na die toneel ontbied en die vrou is dood verklaar.

‘n Moordsaak is vir ondersoek geregistreer. Die verdagte (48) het homself Saterdagoggend omstreeks 07:00 aan die polisie oorgegee en is sedertdien by Skukuza-polisie in aanhouding. ‘n Vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, is deur die polisie gevind en sal vir ballistiese toetse gestuur word om te sien of dit met enige ander misdade verbind kan word.

Mdhluli sê die verdagte is vir moord aangekla. Soos wat die ondersoek vorder, bestaan daar ‘n moontlikheid van nog klagtes wat bygevoeg kan word. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief