Dokter by praktyk gesteek

Lees ook :

Foto: KZN VIP Protection Services

KWAZULU-NATAL. – ‘n Dokter is Saterdag met ‘n skerp voorwerp gesteek, nadat ‘n verdagte glo ‘n poging aangewend het om ‘n spreekkamer in Inandastraat, in Newlands West, te beroof.

KZNVIP sê die diens is na die toneel ontbied waar ‘n dokter ‘n verdagte rower gekonfronteer het. Die dokter is verskeie keer gesteek en die verdagte het probeer vlug, maar is deur die gemeenskap gekeer en deur veiligheidsbeamptes gearresteer.

Die dokter is gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n fasiliteit vervoer is.

Alle dienste was op die toneel teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief