Dokter pleit skuldig in Matthew Perry-saak

Lees ook :

Dokter pleit skuldig in Matthew Perry-saak
Dokter pleit skuldig in Matthew Perry-saak fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-saak terug werk toe

LOS ANGELES, VSA. – Een van die dokters wat aangekla is van die dood van die akteur Matthew Perry het skuldig gepleit.

Dr. Mark Chavez het skuldig gepleit op ‘n aanklag van sameswering om ketamien te versprei. Chavez het ketamien aan dr. Salvador Plasencia verkoop wat dit aan Perry voorsien het.

Chavez, een van vyf mense aangekla van Perry se dood, het erken hy het die ketamien met ‘n vervalste voorskrif gekry. Hy kan tot 10 jaar tronkstraf gevonnis word en is vry op borg tot 2 April 2025 wanneer hy gevonnis sal word. Chavez het sy paspoort aan owerhede oorhandig en het ingestem om onmiddellik sy mediese lisensie op te gee.

Bronne: BBC, The Independent, ECR

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-saak terug werk toe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief