LIMPOPO. – ‘n Swanger pasiënt (22) is na bewering Sondagoggend deur ‘n dokter by die George Masebe-hospitaal verkrag.
Kol. Malesela Ledwaba sê ‘n volledige en deeglike ondersoek is deur maj.genl. Samuel Manala, die waarnemende provinsiale kommissaris, gelas. Die pasiënt is glo tydens ‘n ondersoek verkrag. Die voorval is onmiddellik aan ander gesondheidswerkers gerapporteer, wat op hul beurt die polisie ingelig het. ’n Saak van verkragting is geopen en die ondersoek duur voort.
Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.
Kapudi Moagi, woordvoerder vir Dieketseng Mashego, die LUR vir gesondheid in die provinsie, sê die hospitaal sal vandag vir die beweerde poging tot verkragting besoek word. Die LUR beplan om met kliniese personeel te ontmoet.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





