VSA. – Een van die dokters wat daarvan beskuldig is dat hy die akteur Matthew Perry voor sy dood van ketamien voorsien het, het ingestem om skuldig te pleit.
Lees ook: Dokter pleit skuldig in Matthew Perry-saak
Federale aanklaers het gister gesê dr. Salvador Plasencia sal skuldig pleit op vier aanklagte van die verskaffing van ketamien. Hy kan tot 40 jaar tronkstraf en ’n boete van $2 miljoen opgelê word.
Matthew Perry, bekend vir sy rol in Friends en 17 Again, is op 28 Oktober 2023 in sy warmwaterbad dood gevind. Die nadoodse ondersoek het bevind hy het verdrink, maar dat ketamien tot sy dood bygedra het.
Perry het ketamien vir depressie gebruik, maar het onwettige kanale gebruik om meer in die hande te kry ná dokters geweier het om meer aan hom voor te skryf.
Sy assistent en nog ’n dokter het ook skuldig gepleit vir hulle aandeel in sy dood.
Bronne: BBC, CNN, New York Times





