VRYSTAAT. – Twee dokters, kamermaats, is Dinsdagaand omstreeks 21:30 by hulle behuising by ‘n plaaslike hospitaal in Phuthaditjaba aangeval. Een dokter het ‘n skietwond opgedoen en die ander een is lig beseer.
AO Mmako Mophiring sê die polisie is omstreeks 22:50 na die toneel na ‘n klagte ontvang is. Na bewering het een van die dokters met oorfone in sy slaapkamer na musiek geluister. Hy het ‘n geluid gehoor en opgekyk na die deur, waar sy bloeiende kamermaat hom herhaaldelik geroep het.
Twee verdagtes, gewapen met n vuurwapen en breekyster, het na bewering by die woonstel ingebreek. Die een dokter is sonder ‘n woord in die maag geskiet. Sy kamermaat is met die breekyster oor die kop geslaan. sy selfoon gesteel, waarna die verdagtes te voet gevlug het.
Die beseerde dokter het sy kamermaat met die skietwond tot by Ongevalle gehelp. Sy toestand is tans onbekend.
‘n Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek.
Enigiemand met inligting word versoek om 072 546 3200 te bel.





