Dolly Parton sê sy is ‘oukei’ ná konserte uitgestel is en suster voorbidding vra

Lees ook :

Dolly Parton verduidelik oor gesondheidsprobleme ná suster vir gebede vra fotokrediet: X

VSA. – Dolly Parton het ‘n verklaring vrygestel nadat haar suster, Freida Parton, op sosiale media gevra het mense moet vir haar suster bid. Dolly het gesê sy het tyd nodig om van nierstene te herstel en dat haar gesondheid nie so sleg is nie.

Lees ook: Dolly Parton stel vertonings uit weens gesondheidsprobleme

Haar bestuurder, Olly Rowland, het bevestig: “Dis net nierstene en die prosedure wat sy nodig het om dit te behandel. Dit lyk of haar suster ‘n plasing op sosiale media gemaak het en dit is uit verband geruk.” Parton het verlede week aangekondig sy moet haar optredes in Las Vegas tot volgende jaar uitstel omdat sy weens haar gesondheidsprobleme nie tyd gaan hê om daarvoor te oefen nie.

Die verduideliking volg nadat Freida Parton in ‘n plasing op sosiale media geskryf het: “Ek was gisteraand heel nag wakker om te bid vir my suster, Dolly. Baie van julle weet sy het onlangs nie op haar beste gevoel nie. Ek glo werklik in die krag van gebed en ek is gelei om die hele wêreld wat lief is vir haar te vra om saam met my te bid. Sy is sterk, sy word liefgehê en met al die gebede vir haar weet ek in my hart sy gaan oukei wees”.

Bronne: BBC, ABC News, Euronews, Mirror

Lees ook: Dolly Parton se man, Carl Dean, oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief