Lees ook: Elon Musk nou deel van Donald Trump se kabinet
Donald Trump het Brics-lande gedreig met ‘n 100% handelstarief op uitvoergoedere as hulle die Amerikaanse dollar ondermyn.
Dit volg na ‘n bespreking op ‘n beraad in 2023 deur die Brics-lande om meer nie-dollar transaksies aan te gaan en plaaslike geldeenhede te versterk.
Trump het gesê die Brics-lande mag nie ‘n nuwe geldeenheid instel nie en nie ‘n geldeenheid ondersteun wat die “magtige VSA-dollar” gaan vervang nie of hy gaan ‘n handelstarief van tot 100% teen die lande instel.
Hy het ook gedreig om die Brics-lande daarvan te verhoed om in die VSA besigheid te doen.
Bronne: EWN, BBC, CNN





