VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vandag op sy sosialemediaplatform gedreig om Elon Musk se regeringsubsidies weg te neem en het gewaarsku hy sal sy besighede moet “toemaak en teruggaan Suid-Afrika toe”.
Lees ook: Musk, Trump pak mekaar op sosiale media
Trump het gesê “Elon kry meer subsidies as enige mense in die geskiedenis en sonder subsidies gaan Elon dalk sy besighede moet toemaak en teruggaan Suid-Afrika toe. Niks meer satelliete, elektriesevoertuigvervaardiging of ruimtevaarte nie en ons land sal ’n fortuin spaar”. Hy het ook gelas dat Musk se DOGE toegelaat word om Musk se subsidies te ondersoek.
Dit volg nadat Musk weer Trump se “groot, beeldskone wetsontwerp” aangaande hoe geld spandeer word, gekritiseer het en gesê het ’n nuwe politieke party moet gevorm word.
Bronne: New York Post, The Statesman, IOL
Lees ook: Musk, Trump pak mekaar op sosiale media





