VSA. – “Trump is in die Epstein-dokumente. Dit is die eintlike rede hoekom dit nie openbaar gemaak is nie. Geniet jou dag, DJT!”
Dit is maar een van Elon Musk se opmerkings nadat hy en pres. Donald Trump gister ‘n bekgeveg op sosiale media gehad ná hy die president se nuwe wetsontwerp op belasting gekritiseer het.
Lees ook: Regering stel alternatief voor vir SEB-lisensiëring vir Starlink en ander telekommaatskappye
Volgens Musk gaan die wetsontwerp die regering in nog groter skuld dompel.
Trump, op sy beurt, het gesê Musk is kwaad omdat die wetsontwerp belasting op elektriese voertuie gaan verhoog, wat sal maak dat minder mense sy Tesla-voertuie koop. Hy het gedreig om regeringskontrakte te kanselleer wat aan Musk se maatskappye, Starlink en SpaceX, uitgereik is.
Musk het kort daarna op X aangekondig dat SpaceX die ruimtevaartuie uitmekaar gaan haal wat gebruik word om ruimtevaarders en vragte te vervoer. Hy het in ’n ander plasing gesê sonder hom sou Trump die verkiesing verloor het.
Time to drop the really big bomb:@realDonaldTrump is in the Epstein files. That is the real reason they have not been made public.
— Elon Musk (@elonmusk) June 5, 2025
Have a nice day, DJT!
In light of the President’s statement about cancellation of my government contracts, @SpaceX will begin decommissioning its Dragon spacecraft immediately pic.twitter.com/NG9sijjkgW
— Elon Musk (@elonmusk) June 5, 2025
Such an obvious lie. So sad. https://t.co/sOu9vqMVfX
— Elon Musk (@elonmusk) June 5, 2025
Bronne: The Mirror, TechCentral, CNN, X
Lees ook: Regering stel alternatief voor vir SEB-lisensiëring vir Starlink en ander telekommaatskappye





