Lees ook: Regter keur Donald Trump se versoek af om saak van geklassifiseerde dokumente saak te skrap
NEW YORK, VSA. – Donald Trump kan aangekla word van minagting van die hof na hy kommentaar op sosiale media oor sy verhoor gemaak het.
Die regter het Trump beveel om nie getuies, aanklaers of familielede van die hofwerkers aan te val of te intimideer nie. Hy het toe op sosiale media gaan kla oor twee van die getuies en die jurie.
Aanklaers het gesê dit is ’n oortreding van die regter se bevel.
Trump is tans in die hof vir sy kriminele verhoor. Hy word aangekla dat hy sakerekords saam met Michael Cohen vervals het om Stormy Daniels te betaal sodat sy nie sou praat oor hulle beweerde seksuele ontmoeting in 2006 nie.
As Trump skuldig bevind word van minagting van die hof, kan hy in die tronk beland of ’n boete opgeê word.
Bronne: Mirror, IOL, CBS News
Lees ook: Regter keur Donald Trump se versoek af om saak van geklassifiseerde dokumente saak te skrap





