Lees ook: Donald Trump maak verskeie beloftes, onttrek van WGO en klimaatsooreenkoms
VSA. – Donald Trump en die Staatsdepartement het ‘n memorandum aan groepe wat vlugtelinge vestig gestuur waarvolgens “alle voorheen geskeduleerde reise vir vlugtelinge na die VSA gekanselleer is en geen nuwe besprekings gemaak sal word nie”.
Duisende vlugtelinge wat reeds goedkeuring ontvang het om die VSA binne te gaan, is gestrand, insluitend 1 600 Afghaanse burgers wat die Amerikaners gehelp in die oorlog in Afghanistan, asook familielede van VSA- militêre personeel.
Vlugtelinge wat reeds in die VSA is, sal steeds ondersteuning ontvang, maar programme wat die vlugtelinge help vestig, word opgeskort.
Die president van die organisasie Global Refuge, Krish O’Mara Vignarajah, het hulle ongelukkigheid met die nuwe verwikkelinge uitgespreek.
Imagine a world where refugees fleeing war, persecution & violence are no longer offered refuge in our nation. Sadly, this is now reality. Yesterday, President Trump announced the suspension of all refugee arrivals to the U.S.
— World Relief (@WorldRelief) January 21, 2025
👉 DONATE TODAY: https://t.co/dGuD62GbcX pic.twitter.com/Ww8DBpknoH
Bronne: The Independent, CBC, USA Today, X
Lees ook: Donald Trump maak verskeie beloftes, onttrek van WGO en klimaatsooreenkoms





