Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word
FLORIDA, VSA. – Dokumente wat verlede week van die saak teen Jeffrey Epstein vrygestel is, het weer die kollig op Donald Trump geplaas.
Donald Trump se naam verskyn sewe keer op die vluglys van Epstein se privaat vliegtuig. Daar is ook inligting dat Trump op Epstein se vliegtuig was “met ‘n meisie van onbepaalde ouderdom”.
In ‘n saak wat in 2016 voor die hof gebring is, het ‘n meisie beweer sy is in 1994 as 13-jarige as ‘n seksslaaf deur Trump en Epstein aangehou. Die saak is egter in dieselfde jaar van die rol geskrap. Die slagoffer in die saak het nog twee keer probeer om ‘n saak teen die mans te maak, maar dit is elke keer onttrek.
Bronne: HipHopWired, Crooks & Liars, Newsweek