Donald Trump wil hê ‘geloofwaardige’ Epstein-inligting moet vrygestel word

Lees ook :

Donald Trump wil hê ‘geloofwaardige’ Epstein-inligting moet vrygestel word fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gelas die prokureur-generaal, Pam Bondi, moet “watookal sy dink is geloofwaardig” aangaande Jeffrey Epstein vrystel.

Lees ook: Donald Trump se justisiedepartement vra hoogste hof om Ghislaine Maxwell se appèl af te keur

Dit volg ná kritiek van ondersteuners en verskeie politici op die FBI en departement van justisie se verklaring dat daar geen lys van kliënte is wat Epstein gebruik het om mense af te pers nie en dat hy selfdood gepleeg het.

Bondi is veral gekritiseer nadat sy voorheen gesê het sy het die Epstein-lys en dokumente op haar tafel. Trump het gister gesê sy het dit goed hanteer en “watookal sy dink is geloofwaardig, moet sy vrystel”.

Bronne: BBC, DW – South Africa, Jacaranda FM

Lees ook: Donald Trump se justisiedepartement vra hoogste hof om Ghislaine Maxwell se appèl af te keur

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief