Donald Trump se justisiedepartement vra hoogste hof om Ghislaine Maxwell se appèl af te keur

Lees ook :

Donald Trump se justisiedepartement vra hoogste hof om Ghislaine Maxwell se appèl af te keur fotokrediet: X

VSA. – Donald Trump, Amerikaanse president, se justisiedepartement het die hoogste hof gevra om Ghislaine Maxwell (nou 63) se appèl af te keur.

Lees ook: FBI eindig ondersoek oor prins Andrew se verhouding met Jeffrey Epstein

Maxwell is in Desember 2021 skuldig bevind op aanklagtes, ondermeer van die lok van minderjariges om te reis om aan onwettige seks met Jeffrey Epstein deel te neem.

Sy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis, maar haar prokureurs het gesê sy was vrygestel van aanklagtes onder ’n klousule in Epstein se 2008-ooreenkoms om nie aangekla te word op soortgelyke aanklagtes nie. In die klousule staan: “As Epstein voldoen aan die vereistes, sal die VSA instem om nie enige kriminele aanklagtes teen enige moontlike mense wat met Epstein saamgesweer het, te bring nie, insluitend vier van sy assistente”. Maxwell is nie in die ooreenkoms genoem nie.

Die justisiedepartement het Maandag gesê Maxwell was nie deel van die ooreenkoms nie en: “Daar is geen bewys dat die ooreenkoms veronderstel was om haar  te baat nie”.

Bronne: The Independent, ABC News, Business Insider

Lees ook: FBI eindig ondersoek oor prins Andrew se verhouding met Jeffrey Epstein

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief